“Ek weet nie, rekenaars...”
..dis my broer (en meeste ander mense) se eerste reaksie as jy hulle vra
oor 21ste eeu.
Tegnologie is sonder twyfel die kenmerk van die 21ste eeu;
ontwikkeling in alle areas. Dit het my egter dadelik laat wonder watter IMPAK hierdie
tegnologie op die mense van die 21ste eeu het. Sosiale netwerke, radio & TV is
baie voordeling vir bv. die verspreiding van inligting, maar beskik ook oor die vermoë om te besoedel en te verwoes.
Op een of ander wyse het ons dit reggekry om onsself te brainwash – almal in
boksies te druk en te sê hoe hulle moet lyk/dink/optree...en so gaan die
individu/menslikheid verlore in kloue v tegnologie.
Wat is die impak van 'n "brainwashed society?"
Verlore menslikheid : proteste, massas ongelukkige mense,
politieke bakleiery, oorlog word as deel van alledaagse lewe gesien en aanvaar;
geld en hulpbronne word onlogies aangewend om die wel af beter af te maak en
nie-noodsaaklike tegnologie te bevorder IPV om kos, huise en opvoeding aan die armes
te verskaf. Daar ontbreek ‘n gevoel van ‘n gemeenskap/omgee teenoor ons medemens.
.jpg) |
Inspirasie // Banksy // manier wat opinie oor politieke/sosiale kwessies en verlore
menslikheid uitspreek
|
Komposisie
Ek het uiteindelik al my duisende idees bymekaar geskraap in een visuele
beeld:
skouers en hare met ‘n “bubblegum machine” kop die skouers is naak, hand in beskermende posisie – beeld weerloosheid uit, en wys hoe mense van alle vorm van persoonlike “expression”
of identiteite gestroop word.
Glas bal kop word uitgebeeld met klomp "reflections," so te sê – invloed en oorneming van die media/advertensie
pad met kar, geboue – industrie, besige, mensgemaakte omgewing
OPEN sign – 24/7 leefwyse
QR code – konsep rondom inligting
New York Times logo – een vd wêreld se groottste koerante –
media
Tyd – groot groen syfers (inspireer deur In Time) – “rushed
society”: Alles gebeur teen tyd
“Machine-kop” – wys hoe die invloed van al hierdie dinge
rondom ons, ons gedagtes beïnvloed om identiese produkte te skep wat uitval
wanneer jy die handle draai, produkte wat deur die verbruiker verkry word. Weereens; geen
persoonlike insette/uniekheid/keuse in wie jy is of wat jy skep in hierdie
wêreld nie
Nametag met barcode dra by tot hierdie konsep - fokus van kunswerk - idee van klomp massageproduseerde, eenderse items volgens
iemand anders se idee vervaardig
Agtergrond
Vir my agtergrond wou ek nuetrale/monochromatiese kleure gebruik om 'n gevulde agtergrond te skep wat nie te besig is/jou aandag aftrek nie. My oorspronklike idee was om dmv ‘n tegniek wat my ma op die internet raakgelees het, uitgedrukte beelde met thinners en watte af te druk / oor te kopieer op die waterverf papier. Die eerste poging op my taak het egter baie verskil van die toetslopie...en toe is damage control toegepas. Deur koerantberigte uit te print het ek 'n agtergrond verkry wat aansluit by die NewYorkTimes konsep en 'n mooi effek skep.


WATERVERF
ek wou graag met 'n nuwe medium eksperimenteer
en het gehoop dat waterverf sal help om die "refelctions" effek te versterk


Joernaal & Proses