Saturday, May 18, 2013

 THE SPACE BETWEEN
kwartaal 1

"I think everything you do in life is art. What you do. How you dress. The way you love someone and how you talk. Your smile and your personality. What you believe in and all your dreams. The way you drink your tea. How you decorate your home or party. How your writing looks. And the way you feel.

Life is Art."


In my kuns wou ek een van hierdie alledaagse life-is-art oomblikke uitbeeld deur middel van 'n eenvoudige visueel, want op die ou einde bestaan ons lewens meestal uit die klein goed wat ons elke dag doen. 



Ek het besluit op KOFFIE omdat dit die manier is waarop ek my daaglikse lewe kick-start.
Reg deur die dag is koffie my ontvlugting - 'n stil oomblik waar ek net sit en dink, ontspan, bid en met die hulp van 'n bietjie kafeïen weer energie probeer bymekaarskraap.
Vreemd genoeg, herinner koffie my ook aan al die spesiale mense in my lewe: mugg&bean saam met die meisies, vriende wat laataand kom kuier, die ketel wat fluit in my ouma en oupa se seehuisie en starbucks-koffies saam met my gesin oorsee.


 joernaal-beplanning


Ek wou graag myself met 'n koffiebeker uitbeeld waar ek op die kombuisvloer sit, omdat dit 'n baie alledaagse gevoel skep. Ek sit graag op die teëls en drink koffie wanneer ek voel ek het spasie nodig. 

komposisie-sketse

Ek het besluit om akrielverf te gebruik vir hierdie projek. Ek het die kleure in die foto's wat ek geneem het aangepas tot warmer kleure om die atmosfeer/gevoel beter was te vang.


joernaal


My finale produk het as volg uitgedraai :


 detail


















" The thing is- each one of us is the sum total of every MOMENT we ever experience, with all the people we've ever known" 
- The Vow




1 comment: