Friday, November 8, 2013

KWARTAAL 4:

LIG&SPASIE&PERSPEKTIEF

Vir my is die boonste 3 woorde gelykstaande aan een plek:
'n katedraal.


Gedurende my Junie/Julie vakansie in Europa het ek 'n groot liefde vir katedrale gekry;

die detail, patrone, lig, kuns, kreatiwiteit, geskiedenis...
maar bowenal die absolute onbeskryflike, emosionele atmosfeer wat, wanneer jy daar binne sit, tot in jou heel binneste kruip. Dit is juis hierdie gevoel wat ek graag in my kunswerk die kwartaal wou vasvang .



Ek het 'n foto gekies wat my ma geneem het binne Cologne Cathedral, Duitsland.
Ek glo hierdie foto vang die tipiese kenmerke van 'n katedraal goed vas. Die vreemde angle en bymekaarkoms van 2 gange/area's skep 'n misterieuse effek. En natuurlik: die roosglasvensters,

MEDIUM
gemengde mediums


 Ek wou graag weer teken, en het besluit om met fineliner te eksperimenteer. Die swart lyne herinner aan 'n etswerk en ek voel dit vang die gotiese faktor van katedrale goed vas en dra by tot die misterieuse atmosfeer.

Ek kon egter nie waterverf uitlos nie, en ek het geglo dat deur amper-deurskynende kleurgedeeltes in die vensters by te voeg, die effek sal versterk,

PROSES






FINALE PRODUK


No comments:

Post a Comment